Interaktiewe onderwys

In 2005 het die Biologie-departement 'n stelsel van interaktiewe onderwys geloods. Elke klaskamer is toegerus met 'n rekenaar wat met grootskerm televisies of met 'n projektor gekoppel is en waarvandaan kennis op 'n visuele wyse aan ons leerders oorgedra word. Boonop is die klaskamers  met 'n deurlopende internetverbinding toegerus. Dit gee onderwysers en leerders onmiddellike toegang tot interaktiewe vakkennis wat andersins net vanuit handboeke verkry sou kon word. Lesse word vooraf met sorg deur die onderwysers as Powerpoint-aanbiedings uitgewerk. Sommige van hierdie aanbiedings word aan ons leerders beskikbaar gestel. Gevolglik kan hulle op hulle eie tyd en eie pas hierdie lesse bestudeer.  Die visuele en sistematiese aard daarvan is so in lyn met hulle moderne leefwęreld van rekenaarspeletjies, selfone, ensovoorts dat hierdie aanbiedings dikwels die tradisionele handboek metode van leer vervang het.  Die waarde van interaktiewe onderrig word deeglik gereflekteer in die uitslae wat ons leerders behaal in die matriekeindeksamens. In 2006 is die stelsels na die Skeinat-departement uitgebrei en in  2008 kom die Wiskunde-departement ook aan die beurt.  

(Voorbeelde van internet animasies)    (Uittreksels van 'n Powerpoint-aanbieding)  (Sien foto)