Oor ons:
Goudveld-Hoërskool het hom oor die jare as een van die top akademiese skole in die land bewys. Met sy span uitmuntende onderwysers het die skool daarin geslaag om oor verskeie jare uitgesonder te word as een van die vyf en twintig top presteerders in die matriekeindeksamen in die Vrystaat . In 2007 het die skool weer 'n 100 % slaagsyfer behaal, beklee die eerste posisie in die onderwysdistrik en behaal die sesde posisie in die Vrystaat. Ons oud-leerders behaal jaarliks pragtige prestasies en word dikwels in hulle na-skoolse opleiding deur opvoedkundige instansies uitgesonder vir hulle doeltreffendheid. Ons is 'n skool met 'n missie en visie en het nog nooit vir enige uitdaging teruggestaan nie. Hoewel ons sport- en kulturele aktiwiteite 'n integrale faset van die skool vorm sal akademiese uitnemendheid altyd prioriteitsgewys die voortou neem. In dié opsig het Goudveld-Hoërskool nog altyd 'n leidende rol vervul deur deurgaans van nuwe opvoedkundige tegnieke gebruik te maak. Die akademiese standaarde wat deur die skool gehandhaaf word, kry wye erkenning vanuit ons gemeenskap asook departementele kringe.